New Hampshire

Deelstaat New Hampshire
alt alt
Vlag van New Hampshire Seël
Bynaam(e): The Granite State
alt
Kaart van die Verenigde State met New Hampshire uitgelig
Amptelike taal(e) Engels
Gesproke taal(e) Engels, Frans (3,41%) en Spaans (1,6%)
Hoofstad Concord
Grootste stad Manchester
Area  46ste in die V.S.
 - Totaal 24 217 km2
 - Wydte 110 km
 - Lengte 305 km
 - Water 989 km2
 - % water 4,1 %
 - Breedtegraad 42°42'N tot 45°18'N
 - Lengtegraad 70°36'W tot 72°33'W
Bevolking  42ste in die V.S.
 - Totaal 1 316 470
 - Digtheid 54,4/km2
20ste in die V.S.
Hoogte  
 - Hoogste punt Mount Washington
1 917 m
 - Gemiddeld 305 m
 - Laagste punt Atlantiese Oseaan
seevlak
Toetrede tot die Unie  21 Junie 1788 (9de)
Goewerneur Chris Sununu (R)
Luitenant-Goewerneur Donna Soucy (D) (Senaatspresident)
Wetgewer New Hampshire Algemene Raad
 - Hoërhuis Senaat
 - Laerhuis Huis van Verteenwoordigers
V.S. Senatore Jeanne Shaheen (D)
Maggie Hassan (D)
Tydsone UTC -5 / Somertyd -4
Afkortings NH US-NH
Webblad www.nh.gov

New Hampshire [nuːˈhæmpʃər] is 'n deelstaat in die Nieu-Engeland-streek van die Verenigde State van Amerika en vernoem na die Suid-Engelse graafskap Hampshire.

New Hampshire was die eerste soewereine staat op die Amerikaanse vasteland toe dit in Januarie 1776 sy onafhanklikheid van Groot-Brittanje verklaar het, asook een van die oorspronklike Dertien Kolonies wat met die Amerikaanse Onafhanklikheidsverklaring ses maande later die Verenigde State van Amerika gestig het. New Hampshire was die negende deelstaat wat die Amerikaanse Grondwet bekragtig het en ook die eerste wat sy eie grondwet afgekondig het.

New Hampshire is tans die enigste Amerikaanse deelstaat wat nóg 'n algemene verkoopbelasting (general sales tax, GST) nóg 'n persoonlike inkomstebelsting hef. In politieke opsig staan New Hampshire bekend vir sy voorverkiesing, die eerste in 'n reeks wat in die aanloop tot die vierjaarlikse Amerikaanse presidentsverkiesing in November gehou word.

Die staat se amptelike leuse, Live Free or Die, verskyn ook op die nommerplate van New Hampshire, terwyl sy bynaam The Granite State sowel na sy steengroewe asook sy tradisie van selfgenoegsaamheid verwys.

Die staat grens aan Maine en die Atlantiese Oseaan in die ooste, Vermont in die weste en Massachusetts in die suide. In die noorde is Kanada.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search